Design a site like this with WordPress.com
Get started

Meer oor die opdragte

HOE DIE WERKOPDRAGTE SAAMGESTEL IS

Die onderwerpe wat in die sillabus vervat is, is as basis gebruik. Omdat die verskillende handboeke verskillende indelings van onderwerpe het, word die onderwerpe wat deur die werkopdrag betrek word, in die opskrif aangedui. Wanneer die betrokke onderwerpe behandel is, kan die werkopdrag gedoen word. Die Ekonomie-onderwyser kan ook vrae uit verskillende werkopdragte gebruik om ’n eie werkopdrag saam te stel.

HOE DIE WERKOPDRAGTE AANGEWEND KAN WORD

Die werkopdragte kan skriftelik gedoen word sodra die onderwerpe behandel is, in die klas of tuis. Die vrae kan ook eers in groepsverband bespreek word en dan skriftelik gedoen word. As leerders die vrae individueel skriftelik beantwoord het, kan daar ook na die tyd groepsbesprekings plaasvind.

Dit is wenslik dat die antwoorde nie bepunt sal word nie. Die werkopdragte moet ook nie gebruik word om punte te bekom wat deel vorm van ’n kwartaalpunt of jaarpunt nie. Die meeste waarde sal geput word uit die bespreking van die vrae.

%d bloggers like this: